AGRI Gauteng

Go to content

Main menu

 

HEIDELBERG POLISIE TOPS!!


Suikerbosrand Boerevereniging, wat deel is van Agri Gauteng, het op sy vergadering van 2 Maart 2013 hulle goeie samewerking met die SAPS in Heidelberg bevestig.  Om hulle tevredenheid te kenne te gee, het die boerevereniging besluit om ‘n e-pos te rig aan A/O van Vollenhoven asook aan Lt Kol. Amanda Viljoen met dank vir die wonderlike werk wat hulle en die lede van die SAPS in die landelike gebied van Heidelberg doen.............


Lees meer.......

 
 

Welkom ...

Boodskap van die Uitvoerende Bestuurder

Georganiseerde landbou se impak en doeltreffendheid is hoofsaaklik gesetel in die krag en gesondheid van sy voetspoor op die grond. Boereverenigings is die hartklop van Agri Gauteng.
Lees meer ...

 
 


VISIE

Die visie an Agri Gauteng is ekonomies van aard.  Dit het ten doel om die menslike en finansiële hulpbronne van die land op landbougebied te ontwikkel.

MISSIE
Die missie van Agri Gauteng is om namens sy lede die ontwikkeling, winsgewendheid, stabiliteit en volhoubaarheid van die kommersiële landbou in Suid-Afrika deur sy betrokkenheid en insette op provinsiale en nasionale beleidsvlak te bevorder.

DOEL

Die Organisasie is ‘n geregistreerde, openbare, nie-winsgewende organisasie, wat as ‘n verteenwoordigende provinsiale organisasie van landbouprodusente in Gauteng, landbou-aktiwiteite sal reguleer en fasiliteer.  Agri Gauteng is gestig met die volgende primêre en sekondêre doelstellings voor oë.

 
 
 
 
Back to content | Back to main menu